Australopithecus garhi
| Australopithecus garhi Tydperk: Plioseen
| |
|---|---|
| Wetenskaplike klassifikasie | |
| Koninkryk: | |
| Filum: | |
| Klas: | |
| Orde: | |
| Familie: | |
| Genus: | |
| Spesie: | A. garhi
|
| Binomiale naam | |
| †Australopithecus garhi (Berhane Asfaw et al., 1997)
| |
Australopithecus garhi is 2,5 miljoen jaar oue fossiele wat in 1996 deur ’n navorsingspan onder die Ethiopiese en Amerikaanse paleontoloë Berhane Asfaw en Tim White ontdek is.[1] Sommige geleerdes glo dit is ’n voorsaat van die mens en dalk die direkte voorouer van die menslike genus, Homo.
Ontdekking en morfologie
Die eerste fossiele is in 1996 in die Afar-kom van Ethiopië gevind. Op 20 November 1997 het die Ethiopiese paleoantropoloog Yohannes Haile-Selassie die vonds bevestig as A. garhi. Die naam garhi beteken "verrassing" in die plaaslike taal, Afar.
Die eienskappe van fossiele soos BOU-VP-12/130 verskil effens van dié in Australopithecus afarensis en Australopithecus africanus.[1] Navorsing op die voor- en agterkiestande toon ’n paar ooreenkomste met dié van Paranthropus boisei omdat hulle groter is as dié van ander Australopithecus-spesies.
’n Paar primitiewe stukke steengereedskap wat herinner aan Olduwan-tegnologie, is saam met A. garhi-fossiele gevind en dateer uit sowat 2,5 tot 2,6 miljoen jaar gelede.[2]
Verwysings
- ↑ 1,0 1,1 Asfaw, B; White, T; Lovejoy, O; Latimer, B; Simpson, S; Suwa, G (1999). "Australopithecus garhi: a new species of early hominid from Ethiopia". Science. 284 (5414): 629–35. doi:10.1126/science.284.5414.629. PMID 10213683.
- ↑ De Heinzelin, J; Clark, JD; White, T; Hart, W; Renne, P; Woldegabriel, G; Beyene, Y; Vrba, E (1999). "Environment and behavior of 2.5-million-year-old Bouri hominids". Science. 284 (5414): 625–9. doi:10.1126/science.284.5414.625. PMID 10213682.
Eksterne skakels
- "Australopithecus garhi". Smithsonian-instituut. Besoek op 31 Maart 2011.
- "The Earliest Human Ancestors: New Finds, New Interpretations". Science in Africa. 2001. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2010. Besoek op 31 Maart 2011.
- "Australopithecus garhi". ArchaelogyInfo. Besoek op 31 Maart 2011.
Wikispecies het meer inligting verwant aan Australopithecus garhi