Bariumoksied
|
Algemeen | |
|---|---|
| Naam | Bariumoksied |
| IUSTC-naam | Bariumoksied |
| Chemiese formule | BaO |
| Molêre massa | 153,33 [g/mol][1] |
| CAS-nommer | 1304-28-5[1] |
| Voorkoms | wit tot geel vastestof[1] |
| Fasegedrag | |
| Selkonstantes | a=552pm[2] |
| Ruimtegroep | Fm3m |
| Nommer | 225 |
| Strukturbericht | B1 |
| Smeltpunt | 1923 °C [1] |
| Kookpunt | ~2000 °C [1] |
| Digtheid | 5,7 g/cm3[1] |
| Oplosbaarheid | reageer met water en los op; 38 [g/L][1] |
| Brekingsindeks | 2,06[3] |
|
Suur-basis eienskappe | |
| pKa | |
|
Veiligheid | |
| Flitspunt | nie-brandbaar[1] |
| LD50 | 50 [mg/kg] (rot; oraal) [1] |
|
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
| Portaal | |
Bariumoksied is 'n verbinding van barium met suurstof met die formule BaO.
Kristalstruktuur
Bariumoksied kistalliseer met die haliet-struktuur,[2] wat die B1-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is.
Chemiese eienskappe
Bariumoksied, ook bekend as baria, is 'n geelwit higroskopiese nie-vlambare materiaal. [3]
Dit kan verkry word deur bariumnitraat te verhit:[3]
'n Ander metode is om bariumkarbonaat te kalsineer:
Om te verhoed dat bariumperoksied gevorm word, word dikwels koolstof bygevoeg, maar dit gee 'n swart produk. [3]
Bariumoksied is 'n sterk Lewisbasis wat heftig met sure kan reageer.[4]
Gebruike
Dit word gebruik as 'n deklaag vir warm katodes, in katodestraalbuise, en in die vervaardiging van sekere soorte glas, soos optiese kroonglas.[1]
Dit word ook as alternatief vir lood(II)oksied in die produksie van optiese kroonglas gebruik vanweë bariumoksied se hoë bydrae tot die brekingsindeks van glas. Ander gebruike sluit in:
- 'n etoksileringskatalisator in die reaksie tussen alkohole en etileenoksied
- 'n droogmiddel vir die droog van gasse en oplosmiddels. Dit het 'n bykomende voordeel dat dit nie met vog swel of nat en taai word nie.[3]
Verwysings
- ↑ 1,00 1,01 1,02 1,03 1,04 1,05 1,06 1,07 1,08 1,09 "Barium oxide (compound)". PubChem NIH.
- ↑ 2,0 2,1 Kelly, A.; Knowles, K.M. (2012). Appendix 7: Crystal Structure Data. In Crystallography and Crystal Defects. doi:10.1002/9781119961468.app7.
{cite book}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ 3,0 3,1 3,2 3,3 3,4 "barium oxide". Matmatch. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2024. Besoek op 4 Maart 2024.
- ↑ "barium oxide". Cameo chemicals.
