Bismarckargipel
| Bismarckargipel Inheemse naam: Bismarck Archipelago | |
|---|---|
Kaart van die Bismarckargipel | |
| Geografie
| |
| Ligging | Melanesië, Stille Oseaan |
| Koördinate | 5°48′31.37″S 149°1′35.8″O / 5.8087139°S 149.026611°O
|
| Hoofeilande | Nieu-Brittanje, Nieu-Ierland |
| Oppervlakte | 49 700 vk km |
| Hoogste punt | Berg Sinewit 2 438 m |
| Administrasie | |
| Streek | Eiland-streek
|
| Demografie | |
| Bevolking | 472 163
|
Die Bismarckargipel (Engels: Bismarck Archipelago) is 'n groep eilande aan die noordoostelike kus van Nieu-Guinee in die westelike Stille Oseaan net suid van die ewenaar. Hierdie eilande behoort aan die eilandnasie Papoea-Nieu-Guinee. Suidoos is Bougainville geleë, wat geografies maar nie polities nie, tot die Salomonseilande behoort. Tussen 1884 en 1914 het hierdie eilande aan Duits-Nieu-Guinee behoort. Die naam van die argipel is van die Duitse kanselier Otto von Bismarck ontleen. Tussen die Bismarckargipel in die ooste en Nieu-Guinee in die weste is die Bismarcksee geleë, suidoos van Nieu-Brittanje sluit die Salomonssee aan.
Die belangrikste eilande en eilandgroepe in die argipel is:
- Nieu-Brittanje
- Nieu-Ierland
- Lavongai
- die Sint-Matthiasgroep
- die Admiraliteitseilande (met Manus as belangrikste eiland)
- die Ninigo-eilande
Geografie
| 15 320 km² | ||
| Nieu-Brittanje (tussen 1885 en 1918: Neupommern), hoofeiland | ||
| Duke of Yorkeilande (tussen 1885 en 1918: Neu-Lauenburg) | ||
| 2 102 km² | ||
| Manus, hoofeiland | ||
| Admiraliteitseilande met Baluaneiland, Purdyeilande, Rambutyo | ||
| Streek Westelike Eilande: onder ander Eremite-eilande, Wuvulu | ||
| 9 600 km² | ||
| Nieu-Ierland (tussen 1885 en 1918: Neumecklenburg), hoofeiland | ||
| Lavongai (vroeër ook Neu-Hannover) | ||
| Feni-eilande | ||
| Lihireilande | ||
| Sint Matthiaseilande | ||
| Tabareilande | ||
| Tangaeilande | ||
| 20 487 km² | ||
| Vitu-eilande |
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bismarckargipel.