Damara-dik-dik

Damara-dik-dik
Damara-dik-dik
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Madoqua
Spesie:
M. kirkii
Binomiale naam
Madoqua kirkii
(Günther, 1880)
Subspesies

4 ssp., sien teks

Verspreiding

Die damara-dik-dik (Madoqua kirkii) is 'n klein wildsbok wat hoofsaaklik in Sentraal- en Noordwes-Namibië voorkom. Dit staan ook bekend as 'n dik-dik of bloubokkie.

Kleur

Ooie in die Nasionale Etoshawildtuin, Namibië.
Damara-dik-dik in die Nasionale Etoshawildtuin, Namibië.

Die rug en boude is gewoonlik 'n fyn gespikkelde grysbruin terwyl die nek, blaaie en sye bruiner is. Die bors en pens is vuilwit en die gedeelte om die oë wit. Die horinkies is kort en regop. Op die voorkop, tussen die horinkies, is 'n kuif. Die bokkie het 'n eienaardige lang neus; die bolip steek oor die onderlip.

Ram

Die ramme weeg gewoonlik 5,5 kg en het horings van 8 cm lank. Die rekord is 10,48 cm.

Ooi

Die ooie het nie horings nie en weeg sowat 4,3 kg. Een lammetjie word tussen Desember en April na 'n dratyd van 6 maande gebore.

Ander feite

Hulle natuurlike vyande is luiperds, leeus en rooikatte. Hulle kom voor in tipiese ruie bosveldgebiede met baie struike en min gras. Hulle is onafhanklik van water en kry hul vog uit plante. Die bokkies loop gewoonlik alleen.

Sien ook

Bron

Verwysings

  1. IUCN SSC Antelope Specialist Group (2008) Madoqua kirkii In: IUBN 2009. IUBN Rooi Lys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2009.2. www.iucnredlist.org Verkry op 4 Maart 2010.

Eksterne skakels