Knobbeleend
| Knobbeleend | |
|---|---|
| 'n Knobbeleendwyfie (Sarkidiornis melanotos melanotos) | |
| Wetenskaplike klassifikasie | |
| Domein: | |
| Koninkryk: | |
| Filum: | |
| Klas: | |
| Orde: | |
| Familie: | |
| Genus: | Sarkidiornis Eyton, 1838
|
| Spesie: | S. melanotos
|
| Binomiale naam | |
| Sarkidiornis melanotos (Pennant, 1769)
| |
| Subspesies | |
|
| |
Die knobbeleend (Sarkidiornis melanotos) is 'n algemene standvoël in Suid-Afrika.
Identifikasie

Hierdie eend is onmiskenbaar. Hulle het 'n swart nek, kop en onderlyf en glansende blou-swart rugkante. Die kop is gespikkeld met donker kolle. Die manlike voël is groter as die vroulike voël en het 'n groot swart knop op die snawel. Dit is veral tydens broeityd baie opvallend. Beide die manlike en vroulike voël het wit onderkante.
Habitat
Die knobbeleend kom voor by varswatermoerasse, damme en mere.
Dieet
Die eend eet hoofsaaklik plantaardige materiaal sowel as sade van waterplante. Waterdiertjies en sprinkane is ook gesogte happies.
Broeigewoontes
Die voëls broei hoofsaaklik in holtes van bome, en lê 7 tot 15 eiers. Neste word ook soms op die grond aangetref.
Verspreiding
Hierdie eend broei in die trope in Suid-Amerika, Afrika suid van die Sahara en Indië. Hulle word ook aangtref oor die hele Afrika, Madagaskar en in Suid-Afrika, maar is seldsaam suid van die Oranjerivier.
Ander name

- Engelse naam: Comb Duck / Knob-billed Duck
- Wetenskaplike naam: Sarkidiornis melanotos
Sien ook
- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer)
- Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronnelys
- KENNIS, vol 14, 1980, bl. 2898-2899, ISBN 0 7981 0836 3