Maranta
| Maranta | |
|---|---|
| Maranta leuconeura | |
| Wetenskaplike klassifikasie | |
| Koninkryk: | |
| Divisie: | |
| Klas: | Liliopsida
|
| Subklas: | Zingiberidae
|
| Orde: | Zingiberales
|
| Familie: | Marantaceae
|
| Genus: | Maranta Plum. ex L.
|
Maranta is ’n genus blomplante in die familie Marantaceae, wat inheems is aan tropiese Sentraal- en Suid-Amerika en die Wes-Indiese Eilande.[1][2]
Eienskappe
Sowat 40 tot 50 spesies word erken.[3] Hulle het almal risome. Die ovaalvormige, immergroen blare is plat in die dag en vou saans toe (vandaar die Engelse naam prayer plant).[4] Die blomme is klein met drie kroonblare en twee groter kroonblaaragtige staminodieë (onvrugbare meeldrade).
Sommige spesies soos M. leuconeura en M. arundinacea met hul vlekke op die blare wat lyk asof dit daarop geverf is, is gewilde huisplante wat gedy op ’n warmrige plek. Hulle kan voortgeplant word met steggies en die verdeling van die wortels.
Probleme
Droë blare wat opkrul, kan dui op ’n te koue plek of droogte. Blare kan verdof van te veel direkte sonlig. Rooimyte kan ook voorkom.[5]
Spesies
Twee kultivars van M. leuconeura wat baie gewild is, is 'Kerchoveana' en 'Erythrophylla' (of 'Tricolor'). Eersgenoemde het swart gevlekte blare en laasgenoemde se blare het twee skakerings van groen en die are is rooi.
Daar is talle ander spesies. Dit sluit in:[6]
|
|
|
Verwysings
- ↑ Maranta in Flora of North America
- ↑ Maranta in Flora of China
- ↑ "World Checklist of Selected Plant Families".
- ↑ RHS A-Z encyclopedia of garden plants. United Kingdom: Dorling Kindersley. 2008. p. 1136. ISBN 1-4053-3296-4.
- ↑ Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992. ISBN 0 627 01827 0
- ↑ "World Checklist of Selected Plant Species, general search".
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Maranta.
Wikispecies het meer inligting verwant aan Maranta
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia