Milleriet
| Milleriet | |
|---|---|
| Millerietnaalde in kalsiet-geode | |
| Formule | NiS |
| Nickel-Strunz (10) | 2.CC.20 |
| Kleur | liggeelkoperkleur |
| Streep | groenerig swart |
| Glans | metalliek |
| Hardheid | 3 -3,5 (Mohs) |
| Transparansie | opaak |
| Ruimtegroep | R3m |
| Strukturbericht-kode | B13 |
| Eenheidsel | a = 9.607 Å, c = 3.143 Å |
| * Lys van minerale | |
| Portaal | |
Milleriet is 'n mineraal genoem na die Engelse mineraloog William Hallowes Miller (1801-1880). Dit is 'n nikkelsulfied en het die formule NiS.[1]
Struktuur
Milleriet se struktuur is die argetipe van die strukturbericht-klassifikasie se B13-struktuur. Nikkel-atome is omring deur vyf swawelatome in 'n vierkante piramide. Die nikkelatome kom in trosse van drie atome voor, wat se afstande kort genoeg is dat daar metaal-metaal-bindings moet wees.[2]
Elektroniese eienskappe
Milleriet is die stabiele allotroop onder 600K. Dit ondergaan 'n oorgang na 'n heksagonale α-fase wat ander elektriese en magnetiese eienskappe besit. Milleriet is 'n metallieke geleier. Die valensband het 'n sterk kovalent-gemengde karakter tussen die Ni 3d en S 3p golffunksies.[3] Die oorgangstemperatuur is baie van die druk afhanklik.[2]
Verwysings
- ↑ "Millerite 2711" (in Engels). Besoek op 18 Julie 2023.
- ↑ 2,0 2,1 H. Sowa, H. Ahsbahs, W. Schmitz Phys. Chem Materials 31, 321-327 (2004)
- ↑ Electronic structure of NiS Millerite S. R. Krishnakumar, N. Shanthi en D. D. Sarma arxiv cond-mat 2012.