Pylos
Pylos Πύλος | |
|---|---|
Stad | |
Die baai van Pylos | |
| Koördinate: 36°55′N 21°42′O / 36.917°N 21.700°O | |
| Land | |
| Streek | Peloponnesos |
| Streeks-eenheid | Messenia |
| Munisipaliteit | Pylos-Nestoras |
| Oppervlak | |
| • Totaal | 143,91 km2 (56 vk. myl) |
| Hoogte | 3 m (10 ft) |
| Bevolking | |
| • Totaal | 5 287 |
| • Digtheid | 37/km2 (95/vk. myl) |
| Tydsone | UTC+2 (OET) |
| • Somertyd | UTC+3 (OEST) |
| Poskode | 240 01 |
| Skakelkodes | 27230 |
Pylos (Grieks: Πύλος), histories ook bekend onder sy Italiaanse naam, Navarino, is ’n dorp en voormalige munisipaliteit op Peloponnesos, Griekeland. Dit is die belangrikste hawe aan Navarino-baai. Die dorp het 2 767 inwoners.
Pylos het ’n lang geskiedenis en was in Neolitiese tye al bewoon. Dit was ’n belangrike koninkryk in die Miceense tydperk; dit bevat ruïnes van die sogenaamde Paleis van Nestor wat tans uitgegrawe word en genoem is na Nestor, die koning van Pylos in Homeros se Ilias.