Satakunta
Satakunta | |
|---|---|
Streek | |
Ligging van Satakunta in Finland | |
| Koördinate: 61°20′N 22°00′O / 61.33°N 22°O | |
| Land | |
| Hoofstad | Pori |
| Regering | |
| • Streekleier | Asko Aro-Heinilä |
| Oppervlak | |
| • Totaal | 8 268 km2 (3 192 vk. myl) |
| • Land | 7 820 km2 (3 019 vk. myl) |
| • Water | 449 km2 (173 vk. myl) |
| Bevolking | |
| • Totaal | 218 018 |
| • Digtheid | 27,88/km2 (72,21/vk. myl) |
Satakunta (Sweeds: Satakunta of Satakunda) is 'n administratiewe streek in Finland. Dit is in die suidweste van die land geleë en maak deel uit van die historiese Westelike Finland-provinsie. Die streek word begrens deur Pohjanmaa in die noorde, Suid-Pohjanmaa in die noordooste, Pirkanmaa in die ooste en Suidwes-Finland in die suide.
Satakunta beslaan 'n landoppervlakte van 8 268 km² en het 'n bevolking van 218 018 in 2019 gehad.[1] Die streek het 17 munisipaliteite waarvan sewe stadstatus het. Die grootste stad en administratiewe hoofstad van die streek is Pori.
Verwysings
- ↑ 1,0 1,1 (fi) "Väestörakenteen ennakkotiedot muuttujina Kuukausi, Alue, Sukupuoli, Ikä ja Tiedot". Tilastokeskus. 25 Julie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Desember 2020. Besoek op 4 September 2019.
