Soekmekaar
Soekmekaar Morebeng | |
|---|---|
| Koördinate: 23°29′44″S 29°55′45″O / 23.49556°S 29.92917°O | |
| Land | |
| Provinsie | Limpopo |
| Distrik | Capricorn |
| Munisipaliteit | Molemole |
| Stigting | 1916 |
| Oppervlak | |
| • Totaal | 53,31 km2 (20,58 vk. myl) |
| Bevolking (2011)[1] | |
| • Totaal | 2 371 |
| • Digtheid | 44/km2 (110/vk. myl) |
| Rasverdeling (2011) | |
| • Wit mense | 2.7% |
| • Indiërs/Asiërs | 0.2% |
| • Swart mense | 96.5% |
| • Ander | 0.5% |
| Taal (2011) | |
| • Noord-Sotho | 73.4% |
| • Venda | 8.0% |
| • Tsonga | 6.9% |
| • Afrikaans | 3.1% |
| • Ander | 8.6% |
| Skakelkode | 015 |
Soekmekaar (of Morebeng) is 'n dorp geleë in die Limpopoprovinsie, Suid-Afrika, noordwes van Tzaneen. Die dorp is in 1916 gestig.[2]
Volgens die 2011-sensus het dié klein dorp en omliggende dele 'n bevolking van 2 371 gehad, waarvan 2 289 (96.5%) Swartes was.[1]
Volgens oorlewering is die ou (Afrikaanse) naam afgelei van die insident toe die twee landmeters gedurende mistige weer van mekaar afgedwaal het, en na mekaar moes soek.[2]
Selati-takspoorlyn
Soekmekaar is suidwaarts per takspoorlyn verbind aan Kaapmuiden, via Modjadjiskloof, Tzaneen en Gravelotte al langs die Krugerwildtuin se wesgrens.[3]
Sien ook
Verwysings
- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 "Hoofplek Soekmekaar". Sensus 2011.
- ↑ 2,0 2,1 Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967 (bladsy 468).
- ↑ (en) Artefacts - Selati Line, Skukuza District, Mpumalanga (URL besoek op 25 Februarie 2016)
