Bailu
| Lengtegraad | Termyn | Datum |
|---|---|---|
| Lente | ||
| 315° | Lichun | 4-5 Februarie |
| 330° | Yushui | 18-19 Februarie |
| 345° | Jingzhe | 5-6 Maart |
| 0° | Chunfen | 20-21 Maart |
| 15° | Qingming | 4-5 April |
| 30° | Guyu | 20-21 April |
| Somer | ||
| 45° | Lixia | 5-6 Mei |
| 60° | Xiaoman | 21-22 Mei |
| 75° | Mangzhong | 5-6 Junie |
| 90° | Xiazhi | 21-22 Junie |
| 105° | Xiaoshu | 7-8 Julie |
| 120° | Dashu | 22-23 Julie |
| Herfs | ||
| 135° | Liqiu | 7-8 Augustus |
| 150° | Chushu | 23-24 Augustus |
| 165° | Bailu | 7-8 September |
| 180° | Qiufen | 23-24 September |
| 195° | Hanlu | 8-9 Oktober |
| 210° | Shuangjiang | 23-24 Oktober |
| Winter | ||
| 225° | Lidong | 7-8 November |
| 240° | Xiaoxue | 22-23 November |
| 255° | Daxue | 7-8 Desember |
| 270° | Dongzhi | 21-22 Desember |
| 285° | Xiaohan | 5-6 Januarie |
| 300° | Dahan | 20-21 Januarie |
Tradisionele Oos-Asiatiese maansonkalenders verdeel ’n jaar in 24 sontermyne.[1]
Grade van die
sontermyne
sontermyne
←
↓
→
↑
Bailu (Chinees: 白露; pinyin: báilù) of hakuro (Japannees: 白露) is die 15de sontermyn en die tyd wanneer dou op die grond gesien kan word. Dit begin wanneer die son die luglengtegraad 165° bereik en eindig wanneer dit die lengtegraad 180° bereik. Dit verwys meer dikwels spesifiek na die dag wanneer die son presies op die lengtegraad 165° is.
Volgens die Gregoriaanse kalender begin dit gewoonlik omstreeks 7 September[2] en eindig dit omstreeks 23 September.
Pentades
Elke sontermyn word in drie pentades verdeel. Die pentades van bailu is:
- Eerste pentade: Die wildeganse kom (鴻雁來), ’n verwysing na die suidwaartse migrasie van ganse.
- Tweede pentade: Die donker voëls kom terug (玄鳥歸), ’n verwysing na swaeltjies.
- Laaste pentade: Die voëls vul hul voorraad aan (群鳥養羞), in voorbereiding vir die winter.
Verwysings
- ↑ "24 Sekki". Glossary. National Astronomical Observatory of Japan. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2019. Besoek op 21 Maart 2016.
- ↑ Matsukawa, Mitsuharu. "24 Sekkis, or Twenty-Four Japanese Small Seasons" (in Engels). Nagoya University. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2015. Besoek op 31 Augustus 2018.
Eksterne skakels
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
| Vorige termyn ← Chushu (處暑) |
Bailu (白露) | Volgende termyn Qiufen (秋分) → |