Daxue
| Lengtegraad | Termyn | Datum |
|---|---|---|
| Lente | ||
| 315° | Lichun | 4-5 Februarie |
| 330° | Yushui | 18-19 Februarie |
| 345° | Jingzhe | 5-6 Maart |
| 0° | Chunfen | 20-21 Maart |
| 15° | Qingming | 4-5 April |
| 30° | Guyu | 20-21 April |
| Somer | ||
| 45° | Lixia | 5-6 Mei |
| 60° | Xiaoman | 21-22 Mei |
| 75° | Mangzhong | 5-6 Junie |
| 90° | Xiazhi | 21-22 Junie |
| 105° | Xiaoshu | 7-8 Julie |
| 120° | Dashu | 22-23 Julie |
| Herfs | ||
| 135° | Liqiu | 7-8 Augustus |
| 150° | Chushu | 23-24 Augustus |
| 165° | Bailu | 7-8 September |
| 180° | Qiufen | 23-24 September |
| 195° | Hanlu | 8-9 Oktober |
| 210° | Shuangjiang | 23-24 Oktober |
| Winter | ||
| 225° | Lidong | 7-8 November |
| 240° | Xiaoxue | 22-23 November |
| 255° | Daxue | 7-8 Desember |
| 270° | Dongzhi | 21-22 Desember |
| 285° | Xiaohan | 5-6 Januarie |
| 300° | Dahan | 20-21 Januarie |
Tradisionele Oos-Asiatiese maansonkalenders verdeel ’n jaar in 24 sontermyne.[1]
Grade van die
sontermyne
sontermyne
←
↓
→
↑
Daxue (Chinees: 大雪; pinyin: dàxuě) of taisetsu (Japannees: 大雪) is die 21ste sontermyn en die tyd wanneer dit goed begin sneeu. Dit begin wanneer die son die luglengtegraad 255° bereik en eindig wanneer dit die lengtegraad 270° bereik. Dit verwys meer dikwels spesifiek na die dag wanneer die son presies op die lengtegraad 255° is.
Volgens die Gregoriaanse kalender begin dit gewoonlik omstreeks 7 Desember (8 Desember Oos-Asiatiese tyd)[2] en eindig dit omstreeks 21 Desember (22 Desember Oos-Asiatiese tyd).
Pentades
Elke sontermyn word in drie pentades verdeel. Die pentades van daxue is:
- Eerste pentade: Die jie hou op kraai (鶡旦不鳴); die jie is ’n voël, soortgelyk aan ’n fisant, wat na bewering aggressief en strydlustig is – namate die wintertoestande toeneem, hou selfs die jie op kraai.
- Tweede pentade: Die tiere begin paar (虎始交).
- Laaste pentade: 荔挺生.
Verwysings
- ↑ "24 Sekki". Glossary. National Astronomical Observatory of Japan. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2019. Besoek op 21 Maart 2016.
- ↑ Matsukawa, Mitsuharu. "24 Sekkis, or Twenty-Four Japanese Small Seasons" (in Engels). Nagoya University. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2015. Besoek op 31 Augustus 2018.
Eksterne skakels
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
| Vorige termyn ← Xiaoxue (小雪) |
Daxue (大雪) | Volgende termyn Dongzhi (冬至) → |