Chunfen
| Lengtegraad | Termyn | Datum |
|---|---|---|
| Lente | ||
| 315° | Lichun | 4-5 Februarie |
| 330° | Yushui | 18-19 Februarie |
| 345° | Jingzhe | 5-6 Maart |
| 0° | Chunfen | 20-21 Maart |
| 15° | Qingming | 4-5 April |
| 30° | Guyu | 20-21 April |
| Somer | ||
| 45° | Lixia | 5-6 Mei |
| 60° | Xiaoman | 21-22 Mei |
| 75° | Mangzhong | 5-6 Junie |
| 90° | Xiazhi | 21-22 Junie |
| 105° | Xiaoshu | 7-8 Julie |
| 120° | Dashu | 22-23 Julie |
| Herfs | ||
| 135° | Liqiu | 7-8 Augustus |
| 150° | Chushu | 23-24 Augustus |
| 165° | Bailu | 7-8 September |
| 180° | Qiufen | 23-24 September |
| 195° | Hanlu | 8-9 Oktober |
| 210° | Shuangjiang | 23-24 Oktober |
| Winter | ||
| 225° | Lidong | 7-8 November |
| 240° | Xiaoxue | 22-23 November |
| 255° | Daxue | 7-8 Desember |
| 270° | Dongzhi | 21-22 Desember |
| 285° | Xiaohan | 5-6 Januarie |
| 300° | Dahan | 20-21 Januarie |
Tradisionele Oos-Asiatiese maansonkalenders verdeel ’n jaar in 24 sontermyne.[1]
Grade van die
sontermyne
sontermyne
←
↓
→
↑
Chunfen (Chinees: 春分, pinyin: chūnfēn) of shunbun (Japannees: 春分) is die vierde sontermyn. Dit begin wanneer die son die luglengtegraad 0° bereik en eindig wanneer dit die lengtegraad 15° bereik. Dit verwys meer dikwels spesifiek na die dag wanneer die son presies op die lengtegraad 0° is.
Volgens die Gregoriaanse kalender begin dit gewoonlik omstreeks 20 Maart en eindig dit omstreeks 4 April (5 April volgens Oos-Asiatiese tyd).
Pentades
Elke sontermyn word in drie pentades verdeel. Die pentades van chunfen is:
- China
- Eerste pentade: Die donker voëls arriveer (玄鳥至). Dit verwys na swaeltjies wat noordwaarts migreer.[2]
- Tweede pentade: Donderende klanke (雷乃發聲). Dit verwys na die begin van die lente se donderstorms.[2]
- Laaste pentade: Weerlig begin (始電). Benewens die donderstorms verwys dit ook na die dae wat langer word en die son wat skyn.[2]
- Japan
- Eerste pentade: Die swaeltjie begin ’n nes bou (雀始巣; Suzume hajimete sukuu).[3]
- Tweede pentade: Kersiebloeisels begin oopgaan[3] (桜始開; Sakura hajimete hiraku).
- Laaste pentade: Die begin van die veraf donderweer (雷乃発声; Kaminari sunawachi koeo hassu).[3]
Verwysings
- ↑ "24 Sekki". Glossary. National Astronomical Observatory of Japan. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2019. Besoek op 21 Maart 2016.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 Kondō Heijō (近藤瓶城), red. (1901). 新加纂録類 (Shinka Sanrokurui). p. 110.
{cite book}:|work=ignored (hulp); Ongeldige|ref=harv(hulp) - ↑ 3,0 3,1 3,2 Fujisawa, Morihiko (1961). 年中行事編 (Nenjū Gyōjihen). p. 103.
{cite book}:|work=ignored (hulp); Ongeldige|ref=harv(hulp)
Eksterne skakels
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
| Vorige termyn ← Jingzhe (驚蟄) |
Chunfen (春分) | Volgende termyn Qingming (清明) → |